Ons help ook die leerder om die volgende te bestuur
- Meeste van die handboeke en werksboeke is gekombineer
- Boeke word in klas gelos tensy daar huiswerk, toetse of take gedoen moet word
- Huiswerk bestuur – net die nodige huiswerk word gegee
- Daar word huiswerk groepe gestig vir ouers en leerders vir kommunikering van take, toetse en huiswerk
- Formele roosters en periode tye word gevolg
- Skooldrag word elke dag gedra
- Werkspasie word elke dag netjies gehou
- Geen plakkate of prente voor in die klas nie
- Leerders het twee langer pouses
- Hulpmiddels in die klas sodat hulle langer kan konsentreer (Rekke om die stoelpote, klei en boontjiesakkies om hulle hande besig te hou, joga kussings om rondlopery te verminder)
- Gaan stap in oggende wanneer leerders onrustig is
- Bring aandag terug na wat behandel word
- Wys ongehoorde optrede uit
- Prys positiewe gedrag
- Herinner leerders aan wat die skool en klasreëls is
- Sit klasreëls teen die muur sodat leerders dit heeltyd kan sien
- Leerders word attent gemaak op verskillende gevoelens wat ‘n mens het
- Laat leerders herhaal wat die instruksie is wat gegee was
- Struktuur word aan die skooldag gegee
- Goeie gedrag word gekoppel aan ‘n weeklikse beloning. (Aktiwiteite word gedoen op ‘n Vrydag)