• “Met die skuif van gewone skool na Impak Laerskool, het baie dinge vir my seun verander. Sy gemiddeld het met goeie 10% verbeter, sy selfvertroue het verbeter. Klein dingetjies soos spelwoorde was net nie meer ‘n probleem nie. Toe kom die benoude oomblikke van soortgelyke hoërskool soek. Met vele verskillende skole besoeke het – met genade van bo – Promereo oor ons pad gekom. Hy het met eerste besoek en uitstappie saam met hierdie skool tuis gevoel. Hy is baie lief vir elke onderwyseres, baie trots op sy klas, en gaan elke dag met ‘n glimlag skool toe. Hy doen self huiswerk, take en leer self vir toetse, want dis sy trots – sy skool.”

  • “Ek wil net baie dankie sê vir fantastiese onderwyseresse met ‘n passie vir ons kinders – Ek beveel die hoërskool ten sterkste aan vir enige iemand wat ‘n hoërskool met ‘n “difference” wil he waar kinders nog kinders kan wees! Ek het my kind nog nooit so gelukkig gesien nie. Julle weet nie wat julle beteken vir ons kids nie.

    Bou voort julle juffrouens en mag julle skool net groei van krag tot krag!”

  • “My dogter was op n baie slegte plek in haar lewe toe sy by Promereo aangekom het, haar punte was swak, sy het haar vorige jaar op genade deurgekom. Sy het geen erg gehad in skool nie, en ek en haar ma was hand in die hare. Desperaat om ons kind iewers te sien waar sy gelukkig is, was top prioriteit. Ons het nie geweet waar nie, iemand het Promereo aanbeveel. Afrikaanse skool, klein klas opset, Christelike waardes, met uitstappies na plekke waar daar diere is. Ons was oortuig, sy was oortuig. Ongelukkig het die ou skool gewoontes nie net agter gebly toe sy ingestap het nie. Maar wat n ‘revelation” was dit nie, dat die juffrouens nie opgegee het nie, hulle het alles gedoen en meer om haar weer te laat glo in haarself, haar menswees en menswaardigheid weer te anker. Ons het gesien hoe ons kind verander, daar was weer ‘n glinster in haar oog, ‘n glimlag om die mond, ons kind was terug- prys die Here!!! Sy het van krag tot krag gegaan, van ‘n druipeling tot ‘n kind wat nie meer gevrees het vir ‘n toets of eksamen uitslae nie, wat selfvertroue gehad het in die klas en agter die boeke. Ek kan nie genoeg dankie se vir Elmeri en Riana wat haar van n “zero” na “hero” status gevat het nie. My ewige dank, julle is puik, julle is meer soos vertrouelinge as juffrouens.”

  • “My seun, nou tans 16 jaar, was van gr 2 af gediagnoseer met ADHD.  Ons het ‘n lang en harde pad deurgestap met hom.  Hy was in gewone skole, en toe privaat skole wat gesê het hulle spesialiseer in kinders met ADHD, maar niks het gehelp nie, tot op ‘n dag waar ons by die Apostoliese kerk ‘n praatjie gedoen het oor kinders met ADHD.  Ek en my man het besluit om te gaan luister en dit was die begin van ons toekoms met my seun. “

  • “Vanaf die 1ste week het ek al klaar ‘n verskil in my seun gesien, met geaardheid en akademies. Hy was vir die eerste keer in ‘n lang tyd gelukkig in ‘n skool. Sy punte het gestyg in die eerste kwartaal van 10% gemiddeld na 30% gemiddeld en kwartaal twee en drie het nog net meer gestyg , tot en met 65% sy gemiddeld. Die onderwys styl bied persoonlike aandag op akademiese, emosionele vlak en verstaan waardeur die kinders gaan. Riana en Elmarie se geduld en liefde en verstandhouding met die kinders is ‘n wenresep. Hulle laat my seun soos deel van hulle eie voel. Die klaskamers is klein en baie aandag word individueel aan kinders gegee. Ek is so dankbaar dat ek die skool gevind het, en vir enige ouer wat sukkel met hulle kinders se ADHD, hetsy akademies of emosioneel, sal ek beslis Promereo aanbeveel. Dit het ons lewe verander. “

  • “Om ons kind by Promereo in te skryf, was die beste besluit wat ons nog gedoen het. Dit is ‘n klein skooltjie, met ‘n rustige atmosfeer waar alle diere altyd welkom is. Amper elke Vrydag is dit “Fun Friday” by die skool, dan word daar altyd iets lekkers saam met die kinders gedoen, van braai en visvang, tot ‘n besoek aan Sun City is op die program. Promereo bestaan uit ‘n klein hoeveelheid kinders per klas/graad. Dus kry jou kind meer intensiewe aandag van die onderwysers as by ‘n gewone skool. Die onderwysers gee werklik om vir jou kind se welsyn en gaan uit hulle pad om jou kind by te staan. By Promereo het elke kind ‘n stem en elkeen voel belangrik. Jou kind skakel eenvoudig baie maklik by die res van die groep in en voel vining tuis. Ons kind het soveel in slegs ‘n paar maande, ten goede, verander. Ons het ‘n ander, gelukkiger kind in ons huis. “